Montana Hoërskool Gemeenskapsprojek 2013
Die Gr.10’s van Montana wat hul gemeenskaps-projek by die Eljada Huis gedoen het op Saterdag 20 Julie 2013, het dit baie geniet en hier is ‘n paar punte van hulle ondervinding, soos deur hulle aangestuur: (Hano Venter, Divan du Plessis, Tristan Wentzel, Yolandi Bester, Delarese Venter en Anri Gildenhuys)
Weereens dankie vir die geleentheid om met julle te kon kuier!
- Eerstens was dit vir hulle baie lekker om te kan ‘gee’, nie net die kos of klere nie maar ook van hulle self en hulle tyd. Die vreugde wat hulle daaruit geput het, hoop ons het die kinders wat daar was ook aangevoel.
- Die vreugde wat die kleintjies op hul gesiggies gehad het vir iets klein soos ‘n tennisbal, balonne en dan die verf. Almal van groot en klein het die verf baie geniet.
- Die kinders is kunstig en het nie net sommer geverf nie, maar hul prentjies mooi beplan. Hulle was elkeen baie trots op hulle werk!! Die gr. 10’s het dit geniet om elkeen te help met sy prentjie en poging. Al moes hulle soms 6 keer hande was, was dit heerlik..
- Die kleintjies het later op enige iets geverf, elke papier en karton was geverf en die graad 10’s is bly dit was so ‘n heerlike ondervinding vir die kinders.
- Hulle was ook baie opgewonde om vir Tania wat 18 geword het in die week, ‘n klein persentjie te gee, net sodat sy weet sy moet spesiaal voel.
- Hulle was nogal verstom oor die mamma’s wat daar was se kreatiwiteit met die krale en oorbelle wat hulle gemaak het en sal graag wil hê hulle moet aanhou daarmee en dit dalk by die mark in November verkoop. Ons sal nog krale ens. bring wat julle kan gebruik.
- Almal het lekker gespeel en die dag saam julle baie geniet, hoop julle kan die klere gebruik en die kossies, speelgoed en verf.
- Wat baie dierbaar was, was die inwoners van die wendy’s, waarheen die kinders was... om soms as ‘n gesin van 3 saam tebly, vat nogal aan ‘n mens en dit laat mens net met baie dankbaarheid vir dit wat jy het. Dit laat hulle net weer besef, wees bly in alle omstandighede, ander mense kry swaarder, maar gelukkig het die Here ons almal lief.
Weereens dankie vir die geleentheid om met julle te kon kuier!